vb1

Vir ons is die volgende tipiese wanopvattings wanneer die term Familiebome gebruik word (gestel u van is VENTER):

 

  • “Ek het my VENTER boom met die stamvader verbind!”  (Voorbeeld A)
  • “My boom is volledig tot by my oupa-oupa-grootjie vlak!”  (Voorbeeld B)

 

Beide hierdie stellings skiet ver tekort van die produk wat ons lewer.  Ons doelwit is om elke liewe Suid-Afrikaanse voorouer tot by alle stamvader en -moeder op te spoor, en dit in ‘n enkele samevattende dokument beskikbaar te stel.  Ons gebruik slegs die boom tot op oupa-grootjie vlak as aanvangspunt en doen al die oorblywende navorsing!  Kom ons gestel dat elke geslag voorouer vir 10 voorgeslagte lank in Suid-Afrika oorlede is, dan gee die grafiek links ‘n opsomming van hoeveel keer groter ons Familiebome (Voorbeeld C) is as die wanopvattings van Voorbeelde A en B – teoreties tot 102 keer groter (en tipies meer wanneer daar meer as 10 Suid-Afrikaanse voorgeslagte is).

Ons dienste sluit in:

 

  • Verdere bystand in die toekoms, regstellings van foute soos nuwe navorsing beskikbaar gestel word, en beantwoording van vrae oor u boom self.
  • ‘n Grafiese voorstelling van u eerste 4 geslagte voorouers – voorbeeld regs (ons uitvoer sluit datums en fotos in waar beskikbaar).
  • Die inligting vervat in ‘n dokument wat u kan stoor en versprei onder familie.
  • ‘n Leêr met alle primêre bronne uniek vir u boom.

 

Ons dienste stel u in staat om:

 

  • Toegang na navorsing te kry vir ‘n breukdeel van die tyd en geld wat dit u self gaan kos om dit bymekaar te maak en te bestudeer.
  • Geskiedkundige persone in u eie boom te identifiseer.
  • Navorsing met u familie te deel en nuwe familie te ontdek.
  • Uit te vind hoe u self deel in ons Afrikaanse geskiedenis en van ons erfenis is.

 

 

fam4
chart
Sarel_Cilliers_memorial_on_the_grounds_of_Kroonstad's_NG_Moederkerk