INLIGTING:

Ons Afrikanervolk het sedert 1652 belangrike deurbrake gemaak en baie oorkom.  Dié van ons wat vandag asemhaal is die 9de tot die 13de nageslag van hierdie aanvanklike Europese voorouers – hoofsaaklik Franse Hugenote, Nederlanders, Duitsers en Skandinawieers.

Het u al ooit gewonder hoe presies u nageslag en familie van elkeen van hierdie voorouers is?  Daardie vraag kan deur FamilieBome opgelos word binne 72 uur.

FamilieBome bied aan u die geleentheid om ‘n lywige dokument te bekom van rondom 10 000 bladsye, wat al u direkte voorouers (alle vaders en moeders van elke profile) tot by die eerstes wat hier geland het, in ‘n unieke familieboom te bind, ‘n brokkie geskiedenis oor vername persone gee, asook grafieke van elke geslag voorouers bevat.

FamilieBome bestaan uit ‘n span ervare Afrikaanse navorsers met dekades se ondervinding met die Afrikaanse voorgeslag.  Enige inligting op u boom word u ook voorsien van geboortesertifikate, huweliksertifikate en sterftesertifikate wat beskikbaar is op ‘n webwerf FamilySearch.org en gratis beskikbaar is. Ons sluit ook ander bronne soos verwysing na navorsing deur die Geneologiese Instituut van Suid-Afrika in.

Moenie hierdie geleentheid vandag misloop nie, want more kan die inligting vir altyd verlore wees met die afsterwe van ‘n geliefde wat die enigste persoon is met die regte kennis oor u naaste voorouers.

Ons spandeer baie ure per indiwiduele saak, en daarvoor vra ons R850 per saak.  Daar is egter ‘n maar… indien ons nie u boom bevredigend oplos nie, sal ons u niks vra vir ons moeite nie. 

Laastens bied ons ook aan al ons kliënte onbeperkde toegang vir verdere vrae en navorsing.  Dit is vir ons belangrik dat al die Afrikaanse familiebome akkuraat is en bly.

Om u boom te bou vra ons inligting by u, tot op oupa- en oumagrootjie vlak.  Alle inligting aan ons verskaf hanteer ons as streng persoonlik, en deel dit met geen party vir enige doeleindes nie.  U privaatheid is eerste prioriteit.

 

Om die aansoekvorms te bekom, laai dit af (skakel onder), of rig ‘n E-pos aan: aansoeke@familiebome.com met u kontakbesonderhede.  Ons sal met u in verbinding tree.