GEVALLESTUDIES

vraag1

Willem Adriaan het geen idee waar om te begin om sy voorouers op te spoor nie.  Hy het een ouma en ‘n paar ooms en tannies wat nog lewe.  Hy wil graag sy voorouers opspoor en deel met sy familie en nageslag.

 

Willem kan self begin met navorsing.  Daar is egter ‘n taamlike leerkurwe soos hoe die dokumente werk en algemene geneologiese beginsels, en behalwe al die tyd wat dit gaan neem om alles aan te leer, gaan dit ook vir Willem duisende rande kos om sekondêre bronne self aan te skaf, waarvan die meeste nie deeglik genoeg is om Willem se eie voorouers op te spoor nie.  Hierdie bronne behels ook verdere navorsing aangesien dit tyd, area of van gedrewe is, en dus nie in geheel oor Willem se direke familieboom self gaan nie.  Hy sal klein deeltjies van verskeie bronne nodig hê om sy eie familie op te spoor.

 

Direkte navorsing behels verder die opslaan van verskeie bronne wat regoor die land geleë is.  Willem weet nie waar om te begin nie!

 

Willem besluit om by Familiebome te probeer.  Hy gesels met sy Ouma, ooms en tannies om inligting te verkry om  die aansoekvorm te voltooi, en stuur dit in.  Binne ‘n dag of twee voorsien Familiebome hom van al sy Suid-Afrikaanse voorouers met bronne in ‘n formaat wat hy kan aanstuur en uitdruk.  Willem is bly dat hy hierdie roete nou gevolg het, want sy ouma se gesondheid is aan die agteruitgaan en sy is die enigste persoon wat kennis oor haar familie het.

fam2

Sophia Aletta stel al vir jare belang om haar voorouers op te spoor en is al jare besig daarmee.  Sy kon al op die Internet skakels na sommige voorouers kry, maar daarvandaan het sy vasgebrand in dooploopstrate.  Sophia wil graag hierdie voorouers verder navors maar kom nêrens reg nie.

 

Sophia besoek vir die soveelste keer begrafplase en argiewe om dokumente op te spoor.  Sy is egter nie seker van sommige van haar feite nie, asook dit voel soos ‘n berg data wat sy moet deurgaan sonder dat sy vordering maak.  Sy is op die punt om op te gee toe sy besluit om Familiebome te skakel met die somtotaal van haar eie navorsing.

 

Familiebome bestudeer Sophia se inligting, en maak vinnig deurbrake op meeste van die voorouers.  Daar is nog ‘n paar moeilikes wat egter ook opgelos word binne ‘n paar dae.  Sophia ontvang al die bronne wat nodig was om die vorige ontbrekende voorouers se voorgeslagte te voltooi na alle Suid-Afrikaanse takke, sowel as materiaal wat haar hele familieboom bevat.

Boom voorstelling

Nicola besit verskeie bronne en ‘n familieboom wat sy al vir jare bou.  Hierdie boom is so te sê voltooid aan haar ma se kant, maar sy kom nie verder aan haar pa se kant nie.  Sy wil graag haar pa se kant voltooi asook seker maak dat die inligting aan haar ma se kant korrek is.

 

Nicola kom by Familiebome uit en stuur die aansoekvorm in waar haar ma se kant tot by oupa- en oumagrootjie vlak voltooid is.

 

Familiebome bestudeer haar ma se voorouers en maak ‘n paar regstellings, voorsien verwysing na addisionele bronne en los die ontbrekende voorouers op.  Aan haar pa se kant word sy voorouers gevind op alle takke en oorspronklike bronne verskaf.  Haar hele familieboom word aan haar gestuur.  Sy is in die wolke en plaas haar bewondering op hierdie webwerf onder Ons Produk/Getuig!

paulk

Talle families sê sedert die vroeë 1900s dat hulle glo verwant is aan President Paul Kruger, maar nooit geweet het hoe nie.  Alle families het seker sulke stories.  Hier onder is tipiese terugvoer daaromtrent.

 

“Nou danksy Familibome weet ons ek is President Paul Kruger se tweede neef, 3 generasies terug…”

 

“My oupa was verkeerd, dit was my ouma wat eintlik nader familie aan President Paul Kruger was, ten spyte van my oupa se twee Kruger ouma-grootjies!”