Die onderstaande tabel is ‘n voorstelling van ‘n paar bome wat ons alreeds opgelos het.  Die opsomming onder dui aan dat ons hierdie bome bykans in geheel opgelos het.  Soos wat mens in Suid-Afrikaanse geneologie verder geslagte teruggaan raak die aantal moontlike voorouers relatief minder, soos aangedui in die Faktor van vorige generasie opsomming.  Verder kan oorsese profiele (Stamvaders en -moeders wat nie al in die 17de eeu hier was nie) ook hierdie faktore beïnvloed.

OPSOM8

ANL (2019): “Baie baie dankie! Dis Amazing!”

CNV (2019): “Baie goeie diens en hulle doen regtig moeite om jou voorouers op te spoor!”

FHM (2019): “Baie dankie vir die lywige dokument! Dit gaan leesstof vir n paar dae wees vir ‘n leek soos ek!”

GSV (2019): “Dit voel of ek my ankers herontdek het. Flink, vriendelik en omvattend! Geld goed gespandeer.”

JLCE (2019): “Dis perfek so baie dankie. Groot waardering. Sal bietjie vir my ma gaan wys en saam haar sit en deur dit kyk. Dis baie interessant.”

WDS (2018): “Julle is ongelooflik met al die navorsing. Ek geniet dit baie om al die ontdekkings te volg. …Hy gaan nou in oortreffende trap beindruk wees.”

U kan ons aansoekvorm onder aflaai.

Ons was al betrokke met navorsing van heelwat historiese Afrikaanse profiele, waarvan die onderstaande ‘n klein opsomming bied.  Ons plaas dit hier ter voorbeeld van die funksie wat ons verrig.  Vir hierdie profiele het ons meestal met GEEN voorouers begin, terwyl die gemiddelde geboortejaar naby 1900 is.  Dit beteken dat vir hierdie profiele, voorouers verder as 10 geslagte terug nie meer veel Afrikaanse voorouers oplewer nie.

celebs2