ALGEMENE VRAE:

 

V:  Ek behoort alreeds aan XYZ of my boom is al redelik ver.  Ek is nie seker of julle ‘n noemenswaardige bydrae kan maak nie.  Hoe kan julle help?

A:  Ons kan nogsteeds enige profiel nagaan / die hele boom nagaan vir akkuraatheid en bronne byvoeg, veral as daar profiele is waarmee u lank sukkel om op te los.

V:  Wat is julle privaatheidsbeleid?

A:  Ons deel onder geen omstandighede enige inligting wat ons ontvang met enige party of persoon nie.

V:  Wat sal die kostes daaraan verbonde wees om die XYZ familie navorsing te doen?

A:  Ons doen navorsing van onder af boontoe meestal vanaf ‘n enkele profiel wat vandag lewend is/onlangs gesterf het, met die doel om direkte voorouers op te spoor.  XYZ sal dan eintlik in totaal ‘n baie klein gedeelte van hierdie navorsing uitmaak.  (Byvoorbeeld dit is alreeds slegs ‘n agtste op oupa- en oumagrootjie vlak.)  Die profiel sal wel aan die XYZ tak/stam tot stamouers verbind wees en sekere tipes uitvoere kan heelwat XYZ bevat, maar ons spits ons aandag op die voorouers.  Ons vra nie meer as R850 in totaal nie – minder waar ons nie na wense voorouers opspoor nie of die navorsing reeds gedoen is en ons nie self die koppeling maak nie.   Die koppeling is waar ons waarde toevoeg en dit is wat tyd neem – (1) om bronne op te spoor en (2) na te gaan, (3) bymekaar te maak en te berg.

V:  My vaderskant stamboom het ek al voltooi. My grootste wens is om my moeder se stamboom na te vors.

A:  Ons sal definitief u moeder se profiel kan navors.  Ons kan aan u pa se kant nogsteeds enige profiel nagaan / die hele boom nagaan vir akkuraatheid, veral as daar profiele is waarmee u lank sukkel om op te los.

V:  Is julle groep enigsins met GGSA betrokke?

A:  Nee, GGSA se doel is om van die stamouer vlak ondertoe te werk, ‘n netwerk tipe navorsing.  Ons doel is om die koppeling van onder af te maak, ‘n indiwiduele tipe navorsing.  Wanneer ons spesifiek van GGSA bronne gebruik maak, word dit uitdruklik so gestel sodat die kliënt dit self kan nagaan.

V:  Gee julle ander navorsers se navorsing uit as julle eie?

A:  Ons doel is om indiwiduele navorsing te doen wat nog nooit voorheen gedoen is nie en dit is waarvoor ons betaal word!   Ons verskaf byvoorbeeld unieke primêre bronne wat niemand nog nagevors of gepubliseer het nie.  Wanneer dit in baie ver terug in die geskiedenis wel oorvleuel met navorsing alreeds gedoen, dui ons dit so aan volgens algemene beginsels wat geld.  Ons werk is 100% ons eie.

V:  Ek wil graag weet wie XYZ wat in 17xx in Suid-Afrika aangekom het, se voorouers was?

A:  Ons navorsing is beperk tot die Suid-Afrikaanse gedeelte.  Ons sal somtyds ekstra inligting hê of kan verwys waar ekstra inligting verkrygbaar is, maar ons doen nie self aktief hierdie tipe navorsing nie.

V:  Ek het meeste van die inligting nie, gaan dit saakmaak?

A:  Ons vra ‘n maksimum van R850 waar ons u boom bevredigend oplos.  Ons kwoteer eers finaal wanneer ons die inligting ontvang het.  Hoe vollediger die inligting is, hoe makliker sal ons kan opspoor.   As ons niks kan opspoor omdat die inligting ontbreek/nie genoeg is nie, sal ons niks vra nie.

V:  Kan julle buitelandse betalings hanteer?

A:  Ja, ons is ingerig hiervoor.

V:  Ek kan dit eerder gratis self doen of laat doen / julle kostes klink vir my te hoog?

A:  Ons kan u verseker dat daar niemand is wat hierdie kwaliteit en spoed kan lewer nie.   Wanneer ons binne 72 uur lewer, spandeer ons maklik ‘n derde of half van daardie tyd voltyds om inligting op te spoor, om nie eens van ons kostes te praat nie.  Ons kan maklik tussen R500 en R1 500+ per uur vir ons dienste plus ‘n vaste bedrag per bron vra, soos meeste professionele dienste, en bied dit juis teen hierdie lae eenmalige fooi wat eintlik so goed soos gratis is teenoor ons tyd en kostes.  R850 bring mens nie ver nie, en van ons kant af glo ons werklik ons kom u ver meer as tegemoet met so ‘n lae prys.

V:  ‘n Volledige familieboom, binne slegs 72 uur?

A:  Ja, dit is ons roem.  Moenie vandag hierdie geleentheid misloop nie.